Omar Chajjam

Omar Chajjam
عمر خیام
Portret van Omar Chajjam

Gebore (1048-05-18)18 Mei 1048[1][2]
Nisjapoer, Persië
Oorlede 4 Desember 1131 (op 83)[1][2]
Nisjapoer
Vakgebied Wiskunde, sterrekunde, filosofie, poësie
Beïnvloed deur Mohammed ibn Moesa al-Chwarizmi, Al-Biruni, Avicenna, Alhazen
Invloed op Faridoeddin Attar, Ahmad Chani

Omar Chajjam (volle naam: Hakim Ghijath-al-Din Aboe'l-Fath Omar ibn Ibrahim Chajjam Nisaboeri; Persies: غیاث الدین ابو الفتح عمر بن ابراهیم خیام نیشابوری EngelsːOmar Khayyam); (18 Mei 1048, Nisjapoer - 4 Desember 1131) was 'n Persiese digter, wiskundige, sterrekundige en Soefimistikus wat in Nisjapoer, Persië, gebore is.

As 'n wiskundige is hy veral bekend vir sy werk oor die klassifikasie en oplossing van derdegraadse vergelykings, waar hy meetkundige oplossings verskaf het deur die deursnit van 'n keëlsnit.[3] Chajjam het ook bygedra tot die begrip van die parallelle aksioma. [4]:284  As sterrekundige het hy die duur van die sonjaar met merkwaardige presiesheid en akkuraatheid bereken en die Jalali-kalender ontwerp, 'n sonkalender met 'n baie presiese 33-jaar interkalasiesiklus[5][6]:659  wat die basis verskaf het vir die Persiese kalender wat na byna 'n millennium steeds in gebruik is.

Daar is 'n tradisie om poësie aan Omar Chajjam toe te skryf, geskryf in die vorm van kwatryne (rubāʿiyāt رباعیات). Hierdie poësie het wyd bekend geword aan die Engels-lesende wêreld weens'n vertaling deur Edward FitzGerald (Rubaiyat by Omar Khayyam, 1859) van sy agnostiese en skeptiese poësie. Dit het veral bygedra tot die gewildheid van Oriëntalisme en die fin de siècle in die Weste gedurende die periode. C.J. Langenhoven, Herman Charles Bosman en Abraham Jonker het van sy gedigte in Afrikaans vertaal.

  1. 1,0 1,1 "Omar Khayyam (Persian poet and astronomer)" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2015. Besoek op 18 Junie 2016.
  2. 2,0 2,1 (en) Professor Seyyed Hossein Nasr and Professor Mehdi Aminrazavi. “An Anthology of Philosophy in Persia, Vol. 1: From Zoroaster to ‘Umar Khayyam”, I.B. Tauris in association with The Institute of Ismaili Studies, 2007.
  3. O'Connor, John J; Edmund F. Robertson "Omar Chajjam". MacTutor History of Mathematics archive.  
  4. Struik, D. (1958). "Omar Khayyam, mathematician". The Mathematics Teacher, 51(4), 280–285.
  5. Met 'n fout van een dag wat oor 5 000 jaar ophoop, was dit meer presies as die Gregoriaanse kalender van 1582, wat 'n fout van een dag in 3 330 jaar in die Gregoriaanse kalender het (Aminrazavi 2007:200).
  6. The Cambridge History of Iran, Volume 4. Cambridge University Press (1975): Richard Nelson Frye

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search